ADHD (Aandagafleibaarheid-Hiperaktiwiteitsversteuring) is ’n neuro-ontwikkelingsverskil wat beïnvloed hoe ’n persoon
aandag hou, impulsvan beheer en aktiwiteitsvlakke reguleer. Dit beteken nie ’n mens is lui of ongeorganiseerd nie.
Dit beteken die brein werk anders, veral in areas wat fokus, selfregulering en beplanning beheer.
ADHD is wanneer die brein sukkel om stil te hou, lank te fokus of impulsiewe gedagtes en gedrag te beheer,
selfs al probeer die persoon regtig hard.
ADHD kom in verskillende vorme voor (oorwegend onoplettend, oorwegend hiperaktief-impulsief, of gemengde tipe)
en kan baie individueel verskil.
Vaardigheidsontwikkeling vir ADHD
iKnowThat Neurodivers Neurodivers bied ‘n ADHD-program aan wat kinders én ouers bemagtig om met ADHD konsepte te verstaan, strategië te ontwikkel en te bemeester asook hulself te reguleer wanneer disoriëntasie plaasvind.
Sterkpunte van kinders met ADHD
- Hulle is aansteeklik entoesiasties oor dit
wat hulle interesseer. - ADHD-kinders dink buite die boks, hulle het nie-lineêre denke, wat ideaal is vir probleemoplossing.
- ADHD-kinders intense empatie en groot harte.
- Hulle het empatie en is dikwels liefdevol, lojaal en regverdig.
- Al sukkel hulle met algemene aandag, kan hulle in “hyperfokus” gaan op iets waarvoor hulle passievol is – en dan wys hulle briljantheid.
- Hulle merk goed op wat ander miskyk – emosies, afwykings, patrone.
- Hulle ontwikkel met tyd aanpasbaarheid, kreatiewe weerbaarheid en uithouvermoë.
Hoe werk die ADHD-program?
Daar is 20 sessies van 2 ure elk wat MOET voltooi word. Die sessies kan aanlyn gedoen word en word vooruit geskeduleer.
Maandelikse betaalopsie is beskikbaar, gesels gerus met ons terapeut.
Belangrik om te weet: Die program is ontwerp as ‘n volledige pad na verandering – om dit vroegtydig te onderbreek,
kan die kind se groei belemmer. Jou betrokkenheid as ouer is een van die belangrikste faktore vir sukses.
“ADHD is nie ‘n gebrek aan aandag nie – dit is ‘n anders-verwerkte verhouding met aandag. En binne dit lê krag.”
Wat ADHD-kinder nodig het om te floreer:
- Struktuur met buigsaamheid
- Erkenning vir hul sterkpunte, nie net regstelling vir hul gedrag nie.
- Beweging, keuses en kreatiewe leer.
- Volwasse begeleiding wat hul wêreld verstaan en hul ritme eer.
Algemene tekens van ADHD by kinders:
1. Onoplettendheid (afleidbaarheid)
….Sukkel om lang genoeg aandag te hou aan take of instruksies.
….Maak slordige foute omdat hulle nie aandag gee aan detail nie.
….Lyk of hulle nie luister nie, selfs al praat iemand direk met hulle.
….Voltooi take nie – begin iets en raak gou verveeld.
….Verloor dinge soos potlode, boeke of skoolwerk.
….Vermy take wat volgehoue fokus vereis (soos lees of tuiswerk).
….Word maklik deur omgewingsgeluide of eie gedagtes afgelei.
2. Hiperaktiwiteit
….Beweeg aanhoudend – staan op, klim, hardloop of wieg selfs
….wanneer dit nie gepas is nie.
….Sukkel om stil te sit in klas of by die etenstafel.
….Praat baie en vinnig, sonder om te wag vir hul beurt.
….Fidget of tik aan alles – kan nie stilhou met hande of voete nie.
….Lyk asof hulle aangedryf word deur ‘n motor – altyd aan die
….gang.
3. Impulsiwiteit
….Antwoord voordat die vraag klaar gevra is.
….Onderbreek ander of steek hul beurt verby.
….Tree op sonder om te dink aan gevolge.
….Sukkel om in ‘n ry te wag of ‘n speletjie reëls te volg.
….Reageer vinnig emosioneel – woede, trane of opgewondenheid
….kom skielik en sterk.
Belangrike opmerkings:
ADHD lyk verskillend by elke kind – party is meer dagdromerig, ander meer fisies aktief.
Dit is nie altyd maklik sigbaar in formele situasies nie, maar duideliker by huis, skool of sosiale omgewings waar aanpassing gevra word.
Hierdie gedrag moet aanhoudend en sigbaar wees in meer as een omgewing, en dit moet die kind se funksionering belemmer om as ADHD gediagnoseer te word.