Algemene Vrae
Kan my kind terug gaan skool toe, indien nodig?
Kinders is akademies suksesvol wanneer hul terugkeer na openbare skole nadat iKnowThat se kurrikulum gevolg is. Die aanbeveling is om ’n jaar te voltooi. Die rede daarvoor is die volgorde van inligting verskil van openbare skole alhoewel al die onderwerpe en vereistes gedek word.
Tans bied iKnowThat van gr 2 tot gr 6 ’n volledige kurrikulum vir Afrikaanse huistaal sprekers.
Die gr 4 tot 6 kurrikulum was suksesvol gebruik in ’n privaatskool vir 10 jaar waarin die Onderwys Departement die iKnowThat kurrikulum gemodereer het.
Watter betaalopsies is beskikbaar?
Jy kan eenmalig (jaarliks) of kwartaalliks (4 paaiemente per jaar) betaal.
Volg iKnowThat CAPS?
Ja en Nee, iKnowThat kurrikulum is ’n CAPS-aangepaste kurrikulum. Dit beteken:
Al die CAPS vereistes word gedek vir die fase, maar
- dat ’n onderwerp voltooi word voordat ’n nuwe konsep aangeleer word.
- dat die volgorde van die inligting soos in wiskunde rondgeskuif word om ’n logiese volgorde te hê, byvoorbeeld breuke word in ’n geheel gedoen en nie bietjie in elke kwartaal nie.
Is iKnowThat geakkrediteer?
Geen diensverskaffer in Suid-Afrika is geakkrediteer vir graad 1 tot 9 nie. Daar is nie wetgewing wat akkreditasie moontlik maak nie.
Akkreditasie van ’n diensverskaffer is ’n wetlike vereiste vir graad 10 tot 12. Hulle registreer by SACAI.
Wie merk die assesseringsboeke en assesserings by iKnowThat?
Gekwalifiseerde onderwysers wat geregistreer is by SACE merk die assesserings en die rapport word afgeteken deur ʼn SAQA geakkrediteerde assessor.
Graad 1 tot 3
Wat sluit die bedrag vir my graad 1 tot 3 pakkette in?
Dit sluit die handboeke en al die vakke se assesseringsboeke vir die jaar in. Daar is 4 volkleur, A4 kindervriendelike werkboeke per vak vir die jaar.
Vakke sluit in: Afrikaans HT, Engels FAL, Wiskunde.
LV word ingewerk in die tale, daarom verskaf ons die onderwys departement se LV boek (slegs teen drukkoste).
Is daar addisionele koste?
Ja.
Daar is R100- R400 koerier addisionele koste afhangende van die pakket (Jaarpakket of kwartaalpakket) wat jy bestel.
Daar is ook die iKnowThat merk-opsie wat geneem kan word vir R2400 per jaar (R600 per kwartaal) wat ʼn rapport (afgeteken deur ons SAQA-geakkrediteerde assessor) insluit.
Is daar ‘n werkplan?
Daar is ’n werkplan wat as riglyn voorsien word. Jy hoef dit nie stiptelik te volg nie. Jy volg die pas wat gemaklik is vir jou kind. Elke dag word Afrikaans, Engels en Wiskunde gedoen.
Is daar kwartaaldatums?
iKnowThat het elke jaar 4 gebalanseerde kwartale wat die werklas eweredig versprei. Die datums is nie volgens die publieke skole nie.
Kwartaal 1: 9 weke
Kwartaal 2: 9 weke
Kwartaal 3: 9 weke
Kwartaal 4: 9 weke
Wie merk die assesseringsboeke?
Daar is twee opsies beskikbaar.
Selfmerk-opsie: waar die ouer al die assesseringsboeke merk. Geen taak word na iKnowThat gestuur nie. iKnowThat neem nie verantwoordelikheid vir punte nie.
iKnowThat merk-opsie: Addisionele koste R2400 vir die jaar (R600 per kwartaal)
iKnowThat merk die assesseringsboeke en gee die rapport. Jy moet video’s neem van die assesserings wat nie geskryf word nie bv. Lees, praat en liggaamsoefening.
Wie merk die assesseringsboeke by iKnowThat?
Gekwalifiseerde onderwysers wat geregistreer is by SACE merk die assesserings en die rapport word afgeteken deur ʼn SAQA geakkrediteerde assessor.
Wanneer moet die assesseringsboeke in as ek die iKnowThat merk opsie neem?
Assesserings in die assesseringsboeke word deurlopend in ’n kwartaal geskryf om te verseker dat daar nie te veel druk op die kind is nie.
Die assesserings word gedoen soos deur die werkplan aanbeveel. Aan die einde van die kwartaal skandeer die ouer die assesseringsboek in en laai dit op google-drive saam met die video’s (soos aangedui) wat geneem is van die assesserings.
Video’s moet aan die einde van elke week opgelaai word. Dit voorkom ‘n bottelnek effek aan die einde van die kwartaal en dat die video’s verlore raak saam met ʼn beskadigde of gesteelde foon.
Wanneer ontvang ek die rapporte?
Die merk- en modereringsproses geskied na die kwartaal geëindig het, daarom word rapporte uitgereik in die eerste 2 weke van die volgende kwartaal.
Indien assesserings te laat ingehandig word, kan die assesserings in die volgende merk-siklus val na die einde van die volgende kwartaal.
Graad 4 tot 6
Wat sluit die bedrag vir my graad 4 tot 6 pakkette in?
Dit sluit die handboeke met antwoordgidse in en al die vakke se assesserings vir die jaar.
Daar is 4 volkleur, A4 kindervriendelike handboeke per jaar per vak.
Vakke sluit in: Afrikaans HT, Engels FAL, Wiskunde, NSTEG (Wetenskap), Sosiale wetenskap, Lewensvaardigheid (PSW,Kuns en liggaamsoefening)
Is daar addisionele koste?
Ja.
Die leesboeke vir Gr 4 en 5 moet addisioneel aangekoop word by buite verskaffers.
Daar is R100- R400 koerierkoste afhangende van die pakket (Jaarpakket of kwartaalpakket) wat jy bestel.
Daar is ook die iKnowThat merk-opsie wat geneem kan word vir R2400 per jaar (R600 per kwartaal) wat ʼn rapport (afgeteken deur ons SAQA-geakkrediteerde assessor) insluit.
Is daar ‘n werkplan?
Daar is ’n werkplan wat as riglyn voorsien word. Jy hoef dit nie stiptelik te volg nie. Jy volg die pas wat gemaklik is vir jou kind.
Elke dag word Afrikaans, Engels en Wiskunde gedoen.
Die leervakke word opgedeel in die week:
Maandag: Wetenskap
Dinsdag: Sosiale Wetenskap
Woensdag: LV – Persoonlike en sosiale welsyn
Donderdag: LV – Kuns
Vrydag: LV Liggaamsoefeninge.
Is daar kwartaaldatums?
iKnowThat het elke jaar 4 kwartale. Die datums is nie volgens die publieke skole nie.
Kwartaal 1: 10 weke
Kwartaal 2: 10 weke (Eksamen)
Kwartaal 3: 10 weke
Kwartaal 2: 10 weke (Eksamen)
Dit is belangrik om by die kwartaaldatums te bly in kwartaal 2 en 4. (Indien jy die iKnowThat merk opsie neem. Dit is wanneer die eksamens geskryf word.) As jy later begin in die jaar kan daar spesiale voorsiening gemaak word om die eksamen later te skryf.
Waaruit bestaan die assesserings?
Assesserings bestaan uit:
Opdragte, eksperimente of take,
Toetse
Eksamenvraestelle
Assesserings is apart en moet op ʼn eksamenblok geskryf word. Lees die instruksies op elke assessering aandagtig en volg die riglyne.
Wie merk die assesserings by iKnowThat?
Gekwalifiseerde onderwysers wat geregistreer is by SACE merk die assesserings en die rapport word afgeteken deur ʼn SAQA geakkrediteerde assessor.
Wie merk die assesserings?
Daar is twee opsies beskikbaar.
Selfmerk-opsie: waar die ouer al die assesserings merk. Geen taak word na iKnowThat gestuur nie. iKnowThat neem nie verantwoordelikheid vir punte nie.
iKnowThat merk-opsie: Addisionele koste R2400 vir die jaar (R600 per kwartaal)
iKnowThat merk die assesserings en gee die rapport. Jy moet video’s neem van die assesserings wat nie geskryf word nie bv. Lees, praat en liggaamsoefening.
Wanneer is die eksamen?
Die eksamenrooster is vas in kwartaal 2 en kwartaal 4.
Kinders skryf die laaste 2-3 weke (ingedeel in werksplan volgens die betrokke graad) eksamen om ’n gemaklike pas te verseker.
Die eksamens dek die hele jaar se werk in Afrikaans, Engels en wiskunde. Die leervakke dek slegs twee kwartale se werk wat geassesseer word.
Wanneer moet die assesserings in as ek die iKnowThat merk opsie neem?
Take en toetse word deurlopend in ʼn kwartaal geskryf om te verseker dat daar nie meer as 3 assesserings ’n week plaasvind nie.
Die take word gedoen soos deur die werkplan aanbeveel. Elke week se assessering (met video waar vereis word) moet teen die Vrydag opgelaai wees op die google drive-link.
Video’s moet aan die einde van elke week opgelaai word. Dit voorkom ‘n bottelnek effek aan die einde van die kwartaal en dat die video’s verlore raak saam met ʼn beskadigde of gesteelde foon.
Eksamenvraestelle moet dieselfde dag wanneer dit geskryf is, opgelaai word.
Wanneer ontvang ek die rapporte?
Die merk- en modereringsproses geskied na die kwartaal geëindig het, daarom word rapporte uitgereik in die eerste 2 weke van die volgende kwartaal.
Indien assesserings te laat ingehandig word, kan die assesserings in die volgende merk-siklus val na die einde van die volgende kwartaal.