Diskalkulie is ’n neurodiverse styl waar iemand sukkel om getalle, wiskundige begrippe en berekeninge maklik te verstaan of te gebruik,
selfs al het hulle normale intelligensie.
Dit beïnvloed hoe ‘n persoon getalle herken, optel, aftrek, patrone raaksien en probleemoplossing benader, en dit kan
daaglikse take soos tyd lees, geld hanteer of wiskunde in die klas moeilik maak.
Vaardigheidsontwikkeling vir Diskalkulie
iKnowThat Neurodivers bied ‘n Diskalkulie-program aan wat
kinders én ouers bemagtig om met Diskalkulie getalle,
hoeveelheidsbegrip, wiskundige konsepte te bemeester
en hulself te reguleer wanneer disoriëntasie plaasvind.
Sterkpunte van kinders met Disleksie
- Sterk in kunste, musiek, drama, ontwerp
en visuele verbeelding. - Dink buite die boks; gebruik metafore, kleure en beelde om die wêreld te verstaan.
- Baie sterk in hands-on leer, bv. konstruksie,
eksperimente, fisiese demonstrasies. - Omdat hulle van jongs af moes kompenseer, ontwikkel hulle dikwels uithouvermoë, kreatiewe oplossings en aanpassingsvermoë.
- Hulle bou alternatiewe strategieë en vermoë om anders te dink oor uitdagings.
Hoe werk die Diskalkulie-program?
Daar is 20 sessies van 2 ure elk wat MOET voltooi word. Die sessies kan aanlyn gedoen word en word vooruit geskeduleer.
Maandelikse betaalopsie is beskikbaar, gesels gerus met ons terapeut.
Belangrik om te weet: Die program is ontwerp as ‘n volledige pad na verandering – om dit vroegtydig te onderbreek,
kan die kind se groei belemmer. Jou betrokkenheid as ouer is een van die belangrikste faktore vir sukses.
Algemene tekens van Diskalkulie by kinders:
1. Probleme met getalbegrip:
….Verstaan nie maklik wat ‘n getal verteenwoordig nie (bv. 5 as hoeveelheid).
….Swak getalsin – weet nie of 8 meer of minder as 6 is sonder om te tel nie.
….Sien getalle as los feite, nie as deel van ‘n patroon nie.
2. Moeilikheid met eenvoudige bewerkings:
….Sukkel met optel, aftrek, maal en deel, selfs na baie oefening.
….Kan nie basiese tafels onthou nie.
….Tel steeds op vingers wanneer ander kinders dit reeds intern kan doen.
3. Volgorde en prosedure-uitdagings:
….Volg bewerkings in verkeerde volgorde.
….Raak maklik deurmekaar met stap-vir-stap instruksies in wiskunde.
….Skryf somme verkeerd oor van die bord of handboek af.
4. Probleme met tyd, geld en meet:
….Moeilik om tyd te lees op ‘n analooghorlosie.
….Kan nie maklik geldswaardes of kleingeld hanteer nie.
….Verstaan nie eenhede soos meter, liter of kilogram intuïtief nie.
5. Swak ruimtelike en visuele verwerking:
….Verwar links en regs.
….Rangskik getalle verkeerd op ‘n blad.
….Skuif getalle rond in kolomme (bv. 13 + 12 word 31 + 21).
6. Lae selfvertroue in wiskunde:
….Vrees of vermy wiskundige aktiwiteite.
….Word vinnig emosioneel of gefrustreerd in wiskundeklasse.
….Glo “ek is net nie ‘n wiskunde-mens nie.”
Baie kinders met diskalkulie het normale of selfs hoë intelligensie, maar leer op ‘n ander manier.