Wanneer leer stresvol voel, gaan die brein in oorlewing.
Jou kind kan dan nie mooi dink, feite onthou of nuuskierig wees nie. By iKnowThat glo ons: ’n kalm brein leer beter.
Wanneer stresvlakke hoog raak, vertraag die brein se werkende geheue-gedeelte (die hippokampus). As die Amagdala pop (soos Stefanie Minaar so mooi verduidelik) van stress, trek die rasionele brein (frontale korteks) weg. “Ek slaan ‘n blank!” By iKnowThat glo ons ook: leer jou kind om jou amagdala te ontpop.
By iKnowThat glo ons ook: leer jou kind nie net stress-hanteringstegnieke nie, maar belangriker: Vaardighede wat stress voorkom.
Ons is almal gebore met die vermoë om te kan loop, maar ons moes die vaardigheid van loop ontwikkel. Net so het ons die volgende vaardighede wat ontwikkel moet word:
Vaardigheid 1: Rus! Ja, rus en skakel af is deesdae ‘n vaardigheid wat ontwikkel moet word. Slaap genoeg!
Vaardigheid 2: Beweeg! Sit is die nuwe rook. Breinbane vorm deur beweging. Die vermoë om iets uit te kan redeneer se wortel lê in beweging.
Vaardigheid 3: Beleef! Gewaarwording en inneem van enige inligting na ons brein gebeur deur ons sensoriese belewenis. Beleef ons genoeg? Wat maak ons met dit wat ons beleef?
Vaardigheid 4: Dink! Dink bestaan uit verskillende subvaardighede wat my help om my leerwerk te hanteer. Dink is ook soos spiere, dit moet geoefen word. As ek my dinkvaardighede gebruik, oorweldig werk my nie maklik nie.
Tekens dat jou kind oorweldig voel
- Jou kind raak gou moeg of wil leer vermy.
- Hy/sy raak vinnig kwaad of huil tydens take.
- Die kleinste ding voel “te veel.”
Vaardigheid 5: Reageer! Ons reageer op meer as net emosionele vlak. Ontwikkel ons ons kinders se vaardighede van reageer?
By iKnowThat glo ons ook: daar is baie goeie wenke, raad, hulp en tegnieke, maar dit werk net so goed soos wat jy bereid is om dit te gebruik, bemeester of toe te pas.
As God ons die vermoë gegee het om te loop en ons die subvaardighede soos balans, ruimtelike plasing en selfs afstandskat bemeester het, het Hy ons ook geseën met dieselfde vermoë om die ander vaardighede te ontwikkel.
Hoekom? Want dit neem ingebore deursettingsvermoë vir ‘n kind om soveel keer te val as hul leer loop, maar aanhou en elke keer opstaan tot hul wen.
Kom ons ontwikkel vaardighede wat stress voorkom, eerder as vaardighede om stress te beheer.
Kalm kinders leer beter. Help jou kind om vaardighede te ontwikkel wat kalmte bevorder.




0 Comments