

Teksvers vir die week:
“Daarom dan, met so ‘n magtige skare toeskouers om ons in die wedloop van geloof dop te hou… Kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag (reg voorberei), en hardloop met volharding (sonder ophou) die wedloop wat voor ons lê…, met die oog vasgenael op Jesus… (ons fokus) Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop.” – Heb 12:1-2

Inleidende gesprek:
Ken jy die storie van die haas en die skilpad wat resies gehardloop het?
(As die storie onbekend is, vertel gerus die storie.)
Dink jy dit is regverdig om die skilpad en haas teen mekaar te laat hardloop?

My leefwêreld-Toepassing:
Dink jy ons hardloop ook met ander kinders in ‘n resies?
Gesels gerus oor die vergelyking : mense is ook verskillend, maar in ons elke-dag-lewe kompeteer ons met ander…
Ons vergelyk ons met ander:
– Hoe ons aantrek
– Wie die beste selfoon het
– Wie beter is in sport
– Wie beter is in lees
Is dit belangrik om eerste te kom?
Hoe voel jy wanneer jy nie eerste kom nie?

Wat sê die Bybel?
“Daarom dan, met so ‘n magtige skare toeskouers om ons in die wedloop van geloof dop te hou…
Watter tipe resies hardloop ons as kinders van God?

Kyk na die prentjie…
Dink jy die mense hardloop gemaklik?
Hoe dink jy voel die mense wat hardloop?
Wat kan hulle doen om makliker te hardloop?
Die Bybel sê ook so…
Kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag,
Wat beteken dit: “om ons te stroop”?
Wat beteken “vertraag”?
Watter dinge dink jy keer dat ons nie goed kan hardloop in ons geloof nie?

Bybel-Wenke vir hardloop...
en hardloop met volharding (sonder ophou) die wedloop wat voor ons lê…,
Trek die regte skoene aan:
… en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. – Efesiërs 6:15
– Jy moet WIL hardloop met volharding

en hardloop met volharding (sonder ophou) die wedloop wat voor ons lê…,
Opwarming:
Bring wat jy wil doen na Yahweh voordat jy dit doen, dan sal Hy dit seën en dit sal suksesvol wees. – Spr 16:3

met die oog vasgenael op Jesus… (ons fokus) Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop.” – Heb 12:1-2
Bly in jou eie baan:
Hardloop jou eie resies.
Wees jouself…
Moenie rondkyk nie:
Atlete wat rondkyk hardloop stadiger.
Moenie jouself vergelyk met ander nie…

met die oog vasgenael op Jesus… (ons fokus) Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop.” – Heb 12:1-2
Bly gefokus:
Hou jou oog op Jesus – vasgenael beteken “nie afhaal nie”

Jou verantwoordelikheid
Hoe jy hardloop…
Waarop jy fokus…
Hoe jy klaarmaak…
Maar hulle wat op die Here vertrou, kry weer nuwe krag. Hulle word soos ‘n arend wat vlieg. Hulle hardloop en word nooit moeg nie. Hulle loop en word nooit uitgeput nie. – Jes: 40:31
Gebed:
Gebed is ʼn gesprek tussen ons en God. Daarom gee ons nie ʼn voorbeeld gebed nie. ʼn Gesprek beteken dat daar praat en luister gebeur tussen 2 persone. Gebed is nie ʼn ek-het-dit-nodig-lysie nie.
In ons gesprek kan ons dinge vra, maar dit is nie al waaroor ons gebed moet handel nie. Ons sal wel later tyd aan gebed spandeer, maar vir nou is dit belangrik om net met God te praat.
Waarvoor kan jy vir God dankie sê?
Wat het jy geleer wat jy vir God wil vertel?
Wat wil jy vir God vra?