Disleksie is ‘n neurodiverse styl waarin ‘n persoon sukkel om geskrewe taal maklik te lees, spel of verwerk

Dit het niks te doen met Luiheid of intelligensie nie ‒ dis ‘n anders-verwerkte manier van inneem en proseseer wat meestal visueel en holisties is.

Vaardigheidsontwikkeling vir Disleksie

iKnowThat Neurodivers bied ‘n disleksie-program aan wat kinders én ouers bemagtig om met disleksie te lees, betekenis te verstaan en hulself te reguleer wanneer disoriëntasie plaasvind.

Sterkpunte van kinders met Disleksie

  • Uitstekende probleemoplossing,
    verbeelding en holistiese denke.
  • Goed met ruimte-insig, kreatiewe
    denke, stories of tegnologie.
  • Onthou prente en ervarings beter
    as woorde.

Hoe werk die Disleksie-program?

Daar is 15 sessies van 2 ure elk wat MOET voltooi word. Die sessies kan aanlyn gedoen word en word vooruit geskeduleer.

Maandelikse betaalopsie is beskikbaar, gesels gerus met ons terapeut.

Belangrik om te weet: Die program is ontwerp as ‘n volledige pad na verandering – om dit vroegtydig te onderbreek,
kan die kind se groei belemmer. Jou betrokkenheid as ouer is een van die belangrikste faktore vir sukses.

Algemene tekens van Disleksie by kinders:

1. Probleme met lees:
….Verwar letters wat soortgelyk lyk (bv. b/d, p/q).
….Lees stadig, hakkelend of met moeite.
….Slaan woorde oor of voeg woorde by wanneer hulle hardop lees.
….Moeilik om klanke in woorde uit te spreek of vas te lê
….(fonemiese bewustheid).

2. Speluitdagings:
….Spel dieselfde woord verskillend in een stuk werk.
….Swak fonetiese spelling (bv. “kombers” as “kompers”).
….Moeilikheid om klank en letter ooreen te bring.

3. Geheue en volgorde:
….Swak korttermyngeheue vir mondelinge instruksies.
….Verwar links en regs.Swak tydsbegrip (verwar gister, môre, nou).
….Probleme om alfabet, dae van die week of getalle in volgorde te hou.

4. Konsentrasie en emosies:
….Maklik gefrustreerd of vermy take wat lees of spel vereis.
….Baie kreatief en sterk visueel, maar swak met lineêre of reëlsgebaseerde take.
….Skielike buierigheid tydens akademiese werk (wanneer disoriëntasie intree).

Algemene tipes visuele Disleksie-ervarings:

1. Bewegende of vervormde teks
….Woorde of letters beweeg, draai, ruk of flikker op die bladsy.
….Teks lyk of dit “smelt”, “vloei”, of “wegbly” van die fokuspunt.
….Kom dikwels voor wanneer die persoon gedisoriënteerd raak tydens lees.

 

2. Letteromruilings en rotasie
….Letters soos b/d, p/q, n/u, m/w word maklik omgeruil.
….Kinders of volwassenes sien of interpreteer dit as dieselfde letter in ‘n ander posisie.

3. Verkeerde spasiering en reëlspronge
….Teks krimp saam of brei uit, sodat woorde nie afgebaken voel nie.
….Die oë spring reëls oor, of begin op die verkeerde plek in ‘n sin.
….Kinders of volwassenes sien of interpreteer dit as dieselfde letter in ‘n ander posisie.

4. Fantomletters of vervaagde beelde
….Kind sê hy/sy sien ekstra letters of mistigheid oor dele van woorde.
….Dit is nie sigsprobleme soos by ‘n oogarts gemeet nie, maar eerder visuele verwerking
….wat gedisoriënteerd is.

5. Kleur- en ligsensitiwiteit
….Wit papier met swart druk oorspoel of weerkaats, wat visuele ongemak veroorsaak.
….Kleure (spesifiek helder agtergronde of gloeilig) kan disoriëntasie veroorsaak.
….Kleurskyfies (coloured overlays) word soms gebruik om hierdie simptome te verminder.

6. Sig is tegnies normaal, maar interpretasie is chaoties
….Die persoon kan fisies “goed sien”, maar die brein verwerk die visuele inligting verwarrend.
….Hulle kan nie maklik die visuele volgorde van letters en woorde stabiliseer nie.