iKnowThat Videogrepe
Hier kan die opgeneemde zoomsessies gekyk word.
Alle regte voorbehou:
Hier kan die opgeneemde zoomsessies gekyk word.
Ouer zoom-sessies

Die Krag van Hoekom
Ons gesels oor die krag van hoekom en hoe dit ouers bemagtig om hul kinders te help leer en selfreguleer.

Disleksie
Leandra Hale deel haar en haar gesin se pad van hopeloos tot hoop in aksie. Sy deel waardevolle inligting en lesse geleer.

Neurodiversiteit
Cindy Henrico gesels oor wat neurodiversiteit behels. As ‘n neurodiverse terapeut sien sy ook die positiewe kant daarvan in.

Internetveiligheid
Pienky Wagner gesels oor internetveiligheid en hoe ons ons kinders kan leer om slim internetgebruikers te wees.

Leer spelling
Spelling hoef nie ‘n kopseer te wees nie. Kom leer breinvriendelike spelling tegnieke.

Leesvaardigheid
Ons kyk na die boublok-vaardighede waaruit lees bestaan.

Beweging
Die belangrikheid van beweging wat ons kinders help om te leer.
Tuisskool & Wetgewing
Dit is belangrik om die grootprentjie van onderwys te hê en hoe tuisskool binne die raamwerk pas en funksioneer.

Linkshandig
Ons kyk na die leefwêreld van ‘n linkshandige. Ons gee tegnieke en wenke hoe om jou linkshandige kind te ondersteun.

Inneemvoorkeur
Ons kyk na inneemvoorkeure en waar dit in die leerproses voorkom. Inneemvoorkeure is nie ‘n leerstyl nie, want leer is ‘n proses wat in die brein gebeur.
iKids zoom-sessies
iKids Gr 1, 2 en 3

Afr: Skryf sinne
In hierdie video wys ons hoe maklik dit is om sinne te skryf en uit te brei. Ons gaan ook kyk na hoe om ‘n sin begin en eindig. Kom ontdek die geheime van sinbou met ons!

Afr: Meervoude
Om meervoude en spelreëls te verstaan ontleed ons voorbeelde en ontwikkel ons eie spelreëls.

Wsk: Tyd
Tyd lees begin by die begrip van tyd. Sonder die begrip kan horlosie nie gelees word nie.

Wsk: Plekwaardes
Ons kyk na hoekom plekwaarde belangrik is en fokus op die ruimtelike plasing van die getalle.

My brein
Ons kyk na hoe my brein werk. As kinders verstaan hoe hulle brein werk kyk hulle anders na dit wat hulle leer.
iKids Gr 4, 5 en 6

Wsk: Plekwaarde
In hierdie video gesels ons oor plekwaarde en bou die begrip vir alle bewerkings waar plekwaarde onbewustelik ‘n rol speel.

Wsk: Maaltafels
In hierdie video kyk ons na tegnieke om maaltafels te verstaan en nie soos ‘n papegaai te leer nie.

Wsk: Herleiding
Gr 4, 5 & 6 behandel herleiding van eenhede: Afstand, massa en volume.
Ons kyk na desimale eenheidsbegrip, woordeskat en wiskundige bewerkings.

Afr: Afkapping
Gr 4, 5 & 6 behandel afkapping van woorde. Dit werk op lettergreepbeginsels. Ons kyk na hoe woorde reg afgekap word sodat leerders nie aan die einde van ‘n skryflyn net woorde afbreek waar hulle wil nie.

Wsk: Tydsverloop
Ons behandel tydverloop en kyk hoe ons dit wiskundig bereken.

Afr: Direkte en Indirekte Rede
Ons kyk na wat direkte en indirekte rede is en hoe om ‘n sin in beide redes te herskryf.
MyWêreld
iKT Silwer
- Registrasie word gekontroleer teen iKT inskrywing
iKT Goud
- Registrasie word gekontroleer teen iKT inskrywing