Liewe Mammas,
Elke kind is uniek en bring hul eie stel sterktes, uitdagings, en perspektiewe na die tafel toe. Vir mamas van neurodiverse kinders mag hierdie pad gepaard gaan met sy eie vreugdes en uitdagings. Dit is egter noodsaaklik om te erken dat neurodiversiteit nie ‘n beperking is nie, maar ‘n aanvaarding van die unieke samestelling van elke mens.
Elke mamma wil die beste vir haar kind hê, daarom is dit belangrik om nie jou kind met ander kinders te vergelyk nie. Dit beteken ook dat ons, ons kinders nie “lable” nie maar elke uitdaging aanspreek soos nodig.
“Don’t lable the child. Lable the issue“- Izelle Vd Bergh
Een sleutelaspek van hierdie reis is die ontwikkeling van vaardighede om in beheer te wees van my leefwêreld. Dit sluit in wat ek kan doen, wat ek kan word, en waar ek behoort. Dit gaan daaroor om vervulling te vind in aktiwiteite en strewe wat verder strek as ons onmiddellike leefwêreld, wat ons kinders toelaat om hul passies en belange te ontdek en uit te leef.
Die kern doel is om ons kinders aan te moedig om hul ware self te wees, hul onbeperkte potensiaal te ontwikkel, en te definieer wie hulle wil wees. Dit gaan daaroor om ‘n gevoel van behoort te kweek in hul eie liggame en om betekenisvolle verhoudings met ander te bou.
As mamas van neurodiverse kinders ervaar ons dikwels uitdagende oomblikke wat nie in die “normaal aanvaarde” samelewing pas nie. In plaas daarvan om hierdie ervarings as tekortkominge te beskou, kan ons hulle herformuleer as geleenthede vir mede-reguleringsoefening met jou kind. Dit gaan daaroor om die konsep van “ek ontdek myself,” en “ek is nie my meltdown nie” bo mense se reaksies en opinies tel stel. So kan ons saam met ons kinders hulle unieke reis vier, en hul rolle in die samelewing te waardeer.
Diversiteit en insklusiwiteit is noodsaaklike pilare van enige gemeenskap, en as mamas is dit ons verantwoordelikheid om ruimtes te skep waar alle individue waardeer en aanvaar word. Dit beteken nie in te pas nie, is nie verkeerd nie, maar lê klem op uniekheid. So kweek ons ‘n gemeenskap waar ons kinders gemaklik voel en ondersteun word.
Elke neurodiverse kind se ondersteuning strategieë en behoeftes vereis ‘n unieke aanslag. Daar is nie ‘n “cookie-cutter” (one size fits all) oplossing nie.
Maar ‘n ondersteuningsnetwerk van mammas met neurodiverse kinders en ondersteuningsdienste maak die reis makliker; – Jy hoef dit nie alleen te doen nie.
“It takes a village to raise a child”– African proverb
Daarom is die krag van mede-regulering, of die idee van “dit sal meer pret wees as ons dit saam doen,” van onskatbare waarde, wat verbinding en samewerking tussen mamas en hul kinders bevorder.
As mamas, laat ons neurodiversiteit ten volle omhels, die unieke gawes en perspektiewe vier wat elke kind na die wêreld bring. Saam kan ons ‘n gemeenskap skep waar alle kinders gesien, gehoor, en gewaardeer word vir wie hulle is.
Met liefde en groot drukkies. Onthou jy is nie alleen nie…
0 Comments