Banner Top
Fotos van Leer deur Doen

Leer is 'n werkwoord

iKnowThat glo dat leerders eksponensieel meer en vinniger leer deur self te doen en dink. Konsepte in graad 1 word eers grootmotories ontdek, dan konkreet toegepas en laastens as abstrakte toepassing word werkkaarte gebruik.

Graad 1 werkboeke

Kindervriendelik!

iKnowThat werkboeke is ontwerp met onderwyser (ouer) en kind in gedagte. Regte skryflyngroottes, dinktrappie-vrae en kleurvolle voorbeelde. iKnowThat se werkboeke bevorder kritiese denke deur Marvelous Minds Thinking Tools.

Leesreeks voorbeeld

Kweek lees-liefhebbers

iKnowThat het verskeie leesreekse geskik vir elke ouderdom of leesbehoefte.

Terloopsleesreeks stel leerders bloot aan die beginsels van lees.

Klankeleesreeks het 4 vlakke van leesboeke wat op 1 vokaalklank fokus per storie.

Temaleesreeks dek die lewensvaardigheid temas.

WonderWoefleesreeks neem die graad 3's op 'n WonderWoef-avontuur.

Assesseringboeke

Stressvrye assesserings...

iKnowThat se assesseringboeke bevat al die formele assesserings wat benodig word in 'n kwartaal. Formele assesserings is die assesserings wat vir rapportpunte gebruik word.

Met 'n assesseringboek per kwartaal, word die assesserings eweredig versprei sodat alles nie aan die einde van die kwartaal gedoen word nie.

iKnowThat bied 'n nasien-opsie van die assesseringsboeke en reik dan 'n rapport uit.

Sakpas-pryse...

iKnowThat se volkleur leervriendelike boeke is beskikbaar in die volgende opsies:
Eklekties > Koop 'n boek of 'n vak se boeke direk vanaf die aanlyn-winkel.

GraadPakket sonder Rapport > Graadpakkette kan kwartaalliks of jaarliks aangekoop word. Assesserings is deel van die graadpakkette, maar hier word die rapport nie deur iKnowThat uitgereik nie.

GraadPakket met Rapport > Graadpakkette kan kwartaalliks of jaarliks aangekoop word. Wanneer iKnowThat die assesserings merk vir kwaliteitsbeheer word 'n rapport uitgereik wat afgeteken word deur ons hoof SAQA geakkrediteerde assessor.

 

 

WonderWoef