
“Wanneer jy vir ‘n jongmens leer hoe hy moet lewe, dan hou hy aan om so te lewe, ook wanneer hy oud geword het.” – Spr 22:6
Bybelstudie Reeks
Kort Bybelstudie Temas

Hoe werk die Bybelstudie?
Daar is twee benaderings:
Die Bybelstudiereeks wat fokus op wie God is en hoe om ‘n verhouding met Hom te hê.
Die tema-Bybelstudies wat ‘n spesifieke onderwerp hanteer.
Die bybelstudie is per week ingedeel. Jy as ouer kan besluit hoe dit in die week gedoen word. Jy hoef ook nie alles te doen nie.
Die bybelstudie het verskillende komponente geskik vir kinders van gr 1 tot 6. Jy kan self besluit wat pas by jou kind.
Graad 4 tot 6 kinders kan versontleding doen. Dit is ʼn vaardigheid wat hulle gaan help om feite in hul leerwerk raak te sien. Laat graad 4 tot 6 leerders reeds hul eie bybel gebruik en self leer hoe om die teksverse op te soek.
Ouers kan saam met kleiner leerders teksverse in die Bybel opsoek en hul toelaat om te help soek.

Hoekom is teksverse belangrik?
Leerders moet oefen om ʼn Bybel te gebruik. Die Bybel is ons swaard in die wapenrusting (Ef. 6).
As ons nie ons wapen leer gebruik nie, gaan ons nie kan veg nie.
Hoe meer hul met die Woord werk, hoe meer gaan hul sien die feite staan in die Woord.