
Maan: Verduistering
Wat is Maansverduistering:
Maansverduistering is ‘n baie interessante gebeurtenis wat voorkom wanneer die aarde, die maan en die son in ‘n spesiale lyn staan.
Ons weet almal dat die son lig gee en die maan skyn omdat dit die son se lig weerkaats. Maar soms gebeur daar iets spesiaals: die aarde beweeg tussen die son en die maan en sy skaduwee val op die maan.
Wanneer dit gebeur, lyk dit asof die maan donker word en soms verander die kleur selfs na ‘n rooi of donkerbruin kleur en dit is bekend as ‘n maansverduistering.
Belangrike dinge om te onthou oor maansverduisterings:
Tyd:
Maansverduisterings gebeur nie elke maand nie. Dit gebeur slegs wanneer daar ‘n volmaan is en die aarde, maan en son is reg in ‘n lyn.
Verskille tussen Son- en Maansverduistering:
Terwyl ‘n maansverduistering gebeur wanneer die aarde tussen die son en die maan beweeg, gebeur ‘n sonverduistering wanneer die maan tussen die son en die aarde beweeg en die lig van die son blokkeer.
Verskillende fases:
‘n Maansverduistering het verskillende fases, net soos ‘n sonverduistering. Dit begin gewoonlik met ‘n gedeeltelike verduistering wanneer die aarde se skaduwee deel van die maan bedek, en eindig dan met ‘n totale verduistering wanneer die maan heeltemal in die aarde se skaduwee val.
Kleure:
Tydens ‘n totale maansverduistering kan die maan ‘n rooiagtige of koperkleurige skynsel kry. Dit gebeur omdat die son se lig deur die aardse atmosfeer gaan voordat dit op die maan val. Die atmosfeer filter die blou lig uit, wat die maan ‘n rooi skynsel gee.
Veiligheid:
Dit is veilig om ‘n maansverduistering te kyk, jy het nie eers spesiale brille nodig nie.. In teenstelling met ‘n
sonverduistering, wat jou oë kan beskadig as jy direk daarna kyk.
Maansverduisterings is ‘n wonderlike geleenthede om die wonder van die wêreld en die heelal te ontdek. Dit is ‘n tyd waarin ons, ons kan verwonder oor die grootheid van die heelal en die skoonheid van die planete en sterre daar buite.