Disleksie – Die beste onder slegte omstandighede

Die onmootlike soektog na ‘n skool – die beste onder slegte omstandighede.

Waar begin mens?

Ons het net drie weke gehad om ‘n skool te soek vir hom.

Maar eerste dinge eerste – wat is werklik fout met hom?   Gelukkig kry ons baie vinnig ‘n afspraak by ‘n Neuro-Pediater.  Pa en Ma gaan saam om uit te vind wat is fout.

Na baie lang woorde wat ek nie verstaan het nie, begin hy verduidelik – disleksie;  en om dinge verder interessant te maak,sy brein kan net twee lettergreep woorde verstaan.

Hy verduidelik dat daar is eintlik niks fout nie – daar ‘n bitter baie mense wat disleksies is – ‘n derde is êrens op die skaal van disleksies, ‘n derde is normale lees en skryf en ‘n derde is uitstekend in lees en skryf.

Hy val in die eerste derde, en dit is hoe dit is.  Hy gaan skool haat, want skole is vir lesende kinders.  Hy is ‘n nie-lesende kind.

Hier is ‘n pilletjie wat sal help vir konsentrasie.  Drink een ‘n dag.  Sterkte.

Skole?  Geen raad daar nie, jammer!

So – gaan terug na wat werk – Google is your friend!

Tyd is min en nie aan ons kant nie.

Ons google en kry uiteindelik ‘n kortlys van skole.  Ons ry heen en weer, toets verkeer, toets roetes.   Hoe gaan ons dit kan maak werk?

Uiteindelik kry ek ‘n skool wat glo dat alle kinders nie op dieselfde manier leer nie.

Naby genoeg dat ek net effe laat kom by die werk as ek hom gaan aflaai.  Maar die belangrikste – ons kry hoop.

Hoop vir ons.

Hoop vir hom.

Ons gaan sien die skool.  Dit wat ons gelees het en dit wat hulle ons vertel.  Rondom ons is daar verbasend baie ouers wat ook ‘n skool dringend soek vir hulle kinders.

Halleluja – ‘n skool wat kan help!  (Maar effe aan die duur kant, baie duur kant.)

Daar brand nou ‘n flou liggie aan die einde van die tonnel!  Ons het hoop vir ‘n beter toekoms vir hom!

“Our thoughts create our feelings creates our actions…everything I am experiencing reflects myself” –   Prof Paul Cline

As ‘n onervare ouer het ek eerlik nie geweet wat die regte pad is vir Jaco nie.

Die gevaarlikste tyd vir my was hierdie tyd.  Ek het te min geweet van disleksies om werklik te verstaan waarmee ons moes deel as gesin.

Alles het ongelooflik vinnig gebeur en ons moes baie vinnig besluite neem.

Ek het egter die beste gedoen het vir hom met die kennis en ervaring wat ek gehad het in daardie die tyd.  Die werklike probleem is dat ek geen werklike kennis van disleksie gehad het nie.

Ek kon my kind nie help nie, ek kon my gesin nie help nie en ek kon myself nie help nie.

Dit is egter moeilik om in die spieël te kyk en die naakte waarheid raak te sien.  My onsekerheid en onkunde het ‘n direkte invloed op my gesin gehad.  Dit was ‘n moeilike en traumatiese tyd vir ons as gesin.

“We cannot solve our problems with the same thinking we used when we created them” – Einstein

Jy kan dalk in die volgende belangstel…

Disleksie – Die soektog na normaal

Disleksie – Die soektog na normaal

Wanneer jou wêreld in mekaar stort, kan mens nie dadelik die pad voorentoe sien nie. Sy grootste wens was net soos myne.  Hy nou net normaal wees. 

Sensoriese Uitdagings

Sensoriese Uitdagings

Vandag het ek die voorreg gehad om iets werklik fassinerend te leer oor hoe ons...

0 Comments

Submit a Comment